SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

SWERWER SPEURDER REEKS - PRONK BOEKE

Die Swerwer-speurder reeks handel oor ’n privaat speurder met die naam van Obed de Swardt. Hy bly saam met sy wolfhond genaamd Jagter en sy persoonlike sjef genaamd Amos, in Drie Gewels, ’n gerieflike groot huis in Linden, Johannesburg. Dan is daar ook sy aanvallige nooientjie Tessa Brink, wat hom ondersteun in vele van sy privaat speurwerk. Van jongs af het Obed al belang gestel in kriminologie en dit is juis hierdie uitdaging om kragte te meet met kriminele, wat aan hom die avontuur en lewenslus besorg waarna hy soek. Weens sy uitstekende rekord het Obed ook baie gou bekend geraak as die bobaas swerwer-speurder in die land. Verder is hy ook ’n kranige rugbyspeler wat vir Transvaal rugby speel in die vleuel posisie.


Obed het ’n Bosveldplaas by sy pa geërf en daar boer ’n voorman namens hom op die plaas. Die inkomste wat daaruit gegenereer word, is meer as genoeg vir Obed om luuks te lewe. Ten spyte daarvan dat Obed nie nodig het om te werk nie, doen hy privaat speurwerk en spoor hy meeste van sy sake self op, waarvoor hy gewoonlik nie betaling ontvang nie. Soms kontak sy een polisie vriend Eddie hom, om te help met ’n belangrike saak, wat die polisie sukkel om self opgelos te kry. Dan is daar ook Jan Wiese, ’n goeie vriend van Obed, wat ’n redaksielid is van ’n groot dagblad in die stad en Obed verskaf altyd eerste vir hom die storie, in ruil vir sy hulp van tyd tot tyd. Elke storie is uniek en propvol spanning en intriges wat die leser deurgaans aan die raai sal hou en groot genot sal verskaf om te lees.

 

Riete in die wind - Braam le Roux (1956) Wraak is myne - Braam le Roux (1956)
1. Riete in die wind - Braam le Roux (1956) 2. Wraak is myne - Braam le Roux (1956)

Met 'n druppel wyn - Braam le Roux (1956) Sterf om twaalfuur - Braam le Roux (1956)
3. Met 'n druppel wyn - Braam le Roux (1956) 4. Sterf om twaalfuur - Braam le Roux (1956)

Kettings vir die siel - Braam le Roux (1957) Vrees vannag - Gerrie Radlof (1957)
5. Kettings vir die siel - Braam le Roux (1957) 6. Vrees vannag - Gerrie Radlof (1957)

Bloedig die donker - Gerrie Radlof (1957) Die dodelike driehoek - Gerrie Radlof (1957)
7. Bloedig die donker - Gerrie Radlof (1957) 8. Die dodelike driehoek - Gerrie Radlof (1957)

Die dood het vlerke - Gerrie Radlof (1958) Voltrek die vonnis self - Gerrie Radlof (1958)
9. Die dood het vlerke - Gerrie Radlof (1958) 10. Voltrek die vonnis self - Gerrie Radlof (1958)

Moord in die myn - Gerrie Radlof (1958)Die geheim in die graf - Gerrie Radlof (1958)
11. Moord in die myn - Gerrie Radlof (1958) 12. Die geheim in die graf - Gerrie Radlof (1958)

Die dood kruip nader - Gerrie Radlof (1958) Kiem van die dood - Gerrie Radlof (1959)
13. Die dood kruip nader - Gerrie Radlof (1958) 14. Kiem van die dood - Gerrie Radlof (1959)

Ses sal sterf - Gys van Graan (1959) Beeldskone erfgename - Gys van Graan (1959)
15. Ses sal sterf - Gys van Graan (1959) 16. Beeldskone erfgename - Gys van Graan (1959)

Twee rye spore - Gys van Graan (1960) Geheime erfenis - Gys van Graan (1960)
17. Twee rye spore - Gys van Graan (1960) 18. Geheime erfenis - Gys van Graan (1960)

Dreigement uit die dode - Gys van Graan (1960) 'n Fortuin op die spel - Gys van Graan (1960)
19. Dreigement uit die dode - Gys van Graan (1960) 20. 'n Fortuin op die spel - Gys van Graan (1960)

Die glimlag van gevaar - Gys van Graan (1960) Die verlore Burggraaf - Gys van Graan (1960)
21. Die glimlag van gevaar - Gys van Graan (1960) 22. Die verlore Burggraaf - Gys van Graan (1960)

Copyright © 2022 by Pieter Haasbroek. All rights reserved.
Last updated: 4 Oktober 2022